Betekenis:
• Die duif, Streptopelia capicola en verwante spesies.
• (figuurlik) 'n Verliefde persoon.
Gebruik:
• Daar is bloeisels in die veld, dit het tyd geword om te sing; die tortelduif se stem klink oor ons land. [Hooglied 2:12]
• Hulle koer soos smoorverliefde tortelduifies vir mekaar.
Afgelei:
• tortelduifmannetjies
• tortelduifwyfie
Vertaling:
Engels: turtle dove
Nederlands: zomertortel, tortelduif
Nota:
• Tortelduif is 'n toutologie omdat "tortel" van die Latynse woord turtur afstam, wat reeds "duif" beteken.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.