Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » duit
- duit [boodskap #147688] Wed, 19 March 2025 20:09
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21394
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Duit.
'n Duit.
duit
Afbreking: duit


Selfstandige naamwoord: duit
Meervoud: duite
Verkleinwoord: duitjie
Meervoud van verkleining: duitjies

Betekenis:
• 'n Ou Nederlandse muntstuk met weinig waarde.

Gebruik:
• Dit maak geen duit verskil nie.

Spreekwoord:
• Geen duit besit nie. [Niks besit nie.]
• Geen blou(e) duit werd wees nie. [Niks werd wees nie.]
• Ook 'n duit in die armbeurs gooi. [Ongenooi saampraat oor iets.]

Sinoniem:
• sent

Vertaling:
Engels: doit, farthing
Nederlands: duit

Nota:
• 'n Duit was hoofsaaklik 'n kopermuntstuk. Lood is soms bygevoeg wat dit blou laat skyn het en selfs meer waardeloos gemaak het.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Thu, 20 March 2025 07:49]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

Vorige onderwerp: onplesierig
Volgende onderwerp: vingerwysing
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Mar 27 04:01:22 UTC 2025