Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kalkoentoon
kalkoentoon [boodskap #147573] Sa., 22 Februarie 2025 17:14
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24152
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Kalkoentoon
'n Kalkoentoon
kalkoentoon
Afbreking: kal•koen•toon
Samestelling: kalkoen + toon


Selfstandige naamwoord: kalkoentoon
Meervoud: kalkoentone
Verkleinwoord: kalkoentoontjie
Meervoud van verkleining: kalkoentoontjies

Betekenis:
• 'n Voet waarvan die tweede toon langer as die eerste (groot-)toon is, of so 'n toestand wat pyn veroorsaak.
• (ongewoon) Die toon van 'n kalkoen.

Gebruik:
• Antieke Griekse beelde het dikwels kalkoentone, omdat hulle gedink het dit die ideale skoonheid weerspieël.

Sinoniem:
• Griekse voet
• Morton se Voet

Vertaling:
Engels: Morton's toe, Greek foot, royal toe
Nederlands: Griekse voet

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: hobbel
Volgende onderwerp: oorveeg
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa. Des. 20 02:13:57 UTC 2025