Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » waansinnig
- waansinnig [boodskap #147537] Wo., 12 Februarie 2025 19:45
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21436
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
waansinnig
Afbreking: waan•sin•nig
Samestelling: waansin + -ig


Byvoeglike naamwoord: waansinnig
Vergrotende trap: waansinniger
Oortreffende trap: waansinnigste
Attributief: waansinnige
Partitief: waansinnigs

Betekenis:
• Wat kranksinnig/ geestelik versteurd is.
• (figuurlik) Wat totaal gek/ onsinnig is.

Gebruik:
• Die waansinnige man is in 'n gestig opgesluit.
• Dit is waansinnig om dieselfde ding oor en oor te doen en beter resultate te verwag.

Sinoniem:
• besete
• demonies
• gek
• getik
• kranksinnig
• mal
• psigoties
• sielsiek
• stapelgek
• uitsinnig

Afgelei:
• waansinnigheid

Vertaling:
Engels: insane, deranged, demented, crazy, mad, nuts
Nederlands: waanzinnig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: weerbarstig
Volgende onderwerp: erkentlik
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo. Apr. 09 05:17:43 UTC 2025