Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Morfologie
Re: Morfologie [boodskap #19464] Mon, 30 November 1998 00:00
Hellin Gervaas  is tans af-lyn  Hellin Gervaas
Boodskappe: 191
Geregistreer: January 1998
Karma: 0
Senior Lid
Is "stouterik" 'n korrekte Afrikaanse woord ?

Hilda.
Re: Morfologie [boodskap #19465 is 'n antwoord op boodskap #19464] Mon, 30 November 1998 00:00 Na vorige boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2172
Geregistreer: May 1997
Karma: 0
Senior Lid
Brandsma writes:

> Komen in het Afrikaans de uitgangen -erik en -(e)ling nog veel voor om
> zelfstanige naamwoorden af te leiden uit bijvoegelijke naamwoorden? Een
> collega uit Zuid-Afrika kende alleen "swakkeling" en "stommerik".
> Hoeveel meer zijn er nog? (Nederlandse voorbeelden: beroerling (van
> "beroerd"), slappeling, dommerik, slechterik,naieveling etc.)
> Komen ling-afleidingen van zelfstandige naamwoorden ook voor?
> (dorpeling, stedeling) of van werkwoorden (leerling, beschermeling,
> vluchteling)?
>
> Henno Brandsma

Tot dusver kon ek nog net aan een ander
-erik woord dink: "dommerik". (Maar hier
sal die deursnee Afrikaans-sprekende
seker "domkop" verkies, miskien onder die
invloed van Duits?") Die woord "stommerik"
word wel vry in Afrikaans gebruik, maar
word beskou as effe deftig, dink ek.

Daar is egter baie (e)ling woorde in Afrikaans.
Hier volg sommige waaraan ek kan dink. Sal later
meer byvoeg, indien dit belangrik is (vir 'n
morfologiese ondersoek?)

tweeling, drieling ens.
banneling
kleurling
howeling
nuweling
ouderling
jongeling
dorpeling
stedeling

vondeling
huurling
skakeling
inboorling
insameling
versameling
vermorseling
vertaling
drenkeling
suigeling
verbrokkeling

Dit lyk my nie daar is vreeslik baie (e)ling
woorde wat van byvoeglike naamwoorde afgelei
word nie.
Vorige onderwerp: pofadder
Volgende onderwerp: REGSTELLENDE OPTREDE IN DIE PRIVAATSEKTOR!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Jan 16 07:50:40 UTC 2025