Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » aanvallig
- aanvallig [boodskap #147451] Sat, 01 February 2025 09:28
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21324
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
aanvallig
Afbreking: aan•val•lig
Samestelling: aanval + -ig


Byvoeglike naamwoord: aanvallig
Vergrotende trap: aanvalliger
Oortreffende trap: aanvalligste
Attributief: aanvallige

Betekenis:
• Wat mooi is en waarvan 'n mens hou; wat byval vind.

Gebruik:
• Sy is 'n aanvallige meisie.

Sinoniem:
• aangenaam
• aanloklik
• aanskoulik
• aantreklik
• behaaglik
• bekoorlik
• bevallig
• innemend
• lieflik
• minlik
• mooi
• oulik
• pragtig
• sjarmant
• skatlik
• welgeskape

Afgelei:
• aanvalligheid

Vertaling:
Engels: appealing, charming, lovely, delightful, sweet
Nederlands: aanvallig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: aanstellerig
Volgende onderwerp: agterlik
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Mar 06 05:08:07 UTC 2025