| losweg [boodskap #147448] |
Sa., 01 Februarie 2025 08:13 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24175 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
losweg
Afbreking: los•weg
Samestelling: los + weg
Bywoord: losweg
Betekenis:
• Wat los sit en nie nou pas nie.
• (figuurlik) Sonder om te lank oor 'n saak te dink. Op onbedagsame wyse.
Gebruik:
• Sy dra die serp losweg om haar skouers.
• Die woord lobola word losweg na Afrikaans as bruidskat vertaal.
Sinoniem:
• gemaklik
• liggies
• ligtelik
• ligweg
• lossies
• sommerso
• vrylik
Vertaling:
Engels: loosely, in a loose way
Nederlands: losweg
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|