Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » wreedaardig
- wreedaardig [boodskap #147421] Wed, 29 January 2025 09:12
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21251
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
wreedaardig
Afbreking: wreed•aar•dig
Samestelling: wreedaard + -ig


Byvoeglike naamwoord: wreedaardig
Vergrotende trap: wreedaardiger
Oortreffende trap: wreedaardigste
Attributief: wreedaardige

Betekenis:
• Wat baie wreed van aard (geaardheid) is.

Gebruik:
• Die wreedaardige man mishandel sy troeteldiere.

Sinoniem:
• barbaars
• brutaal
• dierlik
• genadeloos
• gevoelloos
• harteloos
• koelbloedig
• kwaadaardig
• kwaadwillig
• meedoënloos
• onbarmhartig
• ongevoelig
• onmenslik
• onverbiddelik
• sadisties
• wraaksugtig

Afgelei:
• wreedaardigheid

Vertaling:
Engels: cruel, brutal, ferocious, inhuman
Nederlands: wreedaardig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: wulps
Volgende onderwerp: bedremmeld
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sun Feb 16 18:15:08 UTC 2025