najaag [boodskap #147385] |
Tue, 21 January 2025 13:05 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21079 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
najaag
Afbreking: na•jaag
Samestelling: na + jaag
Werkwoord: jaag na, najaag
Verlede tyd: het nagejaag
Betekenis:
• Om iets agterna te sit, meestal figuurlik, om na iets te strewe; met alle mag probeer kry.
Gebruik:
• Party het geld nagejaag en toe van die geloof afgedwaal. [1 Timoteus 6:10]
Wisselvorm:
• naja
Sinoniem:
• agtervolg
• nahol
• nasit
• nastreef
• navolg
Afgelei:
• najaging
Vertaling:
Engels: to run after, chase; to pursue, seek
Nederlands: najagen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Tue, 21 January 2025 13:20] Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|