geldigheid [boodskap #147383] |
Tue, 21 January 2025 11:33 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21079 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
geldigheid
Afbreking: gel•dig•heid
Samestelling: geldig + -heid
Selfstandige naamwoord: geldigheid
Meervoud: geldighede
Betekenis:
• Die toestand (of mate) van geldig wees.
Gebruik:
• Die geldigheid van die dokument word in twyfel getrek.
Sinoniem:
• egtheid
• geloofwaardigheid
• legaliteit
• legitimiteit
• regmatigheid
• validiteit
• wettigheid
• wetlikheid
Antoniem:
• ongeldigheid
Hiponiem:
• inhoudsgeldigheid
• regsgeldigheid
Afgelei:
• geldigheidsduur
• geldigheidsmodel
Vertaling:
Engels: validity, legality
Nederlands: geldigheid
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|