| biometries [boodskap #147364] |
Vr., 17 Januarie 2025 15:12 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24168 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
biometries
Afbreking: bio•me•tries
Samestelling: biometrie + -s
Byvoeglike naamwoord: biometries
Attributief: biometriese
Betekenis:
• Met betrekking tot die uitkenning van meetbare eienskappe van lewende wesens.
Gebruik:
• Die militêre basis word met kameras, biometriese skandeerders en hommeltuie bewaak.
Verwant:
• biometrie
Vertaling:
Engels: biometric
Nederlands: biometrisch
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|