Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vasgryp
vasgryp [boodskap #147354] Thu, 16 January 2025 12:41
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21051
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
vasgryp
Afbreking: vas•gryp
Samestelling: vas + gryp


Werkwoord: gryp vas, vasgryp
Verlede tyd: het vasgegryp

Betekenis:
• Om iets vinnig en stewig in die hand te neem.
• (figuurlik) Om jou eie te maak.

Gebruik:
• Hy gryp die dokter aan die kraag vas en sê, "ons gaan mekaar nou nie seermaak nie."
• Sy het die geleentheid met beide hande vasgegryp.

Sinoniem:
• aangryp
• beetgryp
• beetkry
• beetpak
• vashou
• vasklem
• vasklou
• vasvat
• vasvang

Vertaling:
Engels: to grip, grasp, take firm hold of
Nederlands: vastgrijpen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Thu, 16 January 2025 12:54]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

Vorige onderwerp: groenerig
Volgende onderwerp: Afkortings
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Jan 16 16:46:44 UTC 2025