Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Verskreeude Aarde
Verskreeude Aarde [boodskap #147349] Thu, 16 January 2025 08:46
naudej  is tans af-lyn  naudej
Boodskappe: 2
Geregistreer: January 2025
Karma: 0
Junior Lid
Kom my kind

kry jou klere

dis koud buite;

vandag help die Here.



Die mielies staan mooi

en die beeste is vet-

vandag is dit nikswerd

volgens Britse wet.



"Who's in charge

if I may ask-

not that it matters

as this farm won't last!"



Sy hoedpunt glinster,

sy bootse blink,

sy stem is hard

waar teen kraalmuur weerklink.



"Gather the cattle

burn and plunder,

but hurry lads

in the distance thunder!"



Die grasdak knars,

beespoot dreun,

Tommie dra nader

vandag gaan die osse steun...



"Excuse me sir;

ja jy jou fokken rooinek!

Wat maak jy?

Vandag is jy vrek!"



Uit een mond bevestig

vuur veertig Mausers tegelyk,

twintig Tommies tuimel

terwyl offisier agter wa induik.



"Hensop jou bliksem!"

Vandag is jou beurt

kyk wat het jul gedoen,

maar dis mos nie verkeerd.



"What's wrong now,

is it a bit warm?

If you're lucky

the flames will die from the storm."



Laat jy vrek jou Khaki

deur jou eie vuur begint,

daar in my knetterende huis

waar jy jou nou bevind...
Vorige onderwerp: Heksenag
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Jan 16 10:59:59 UTC 2025