Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Heksenag
Heksenag [boodskap #147348] Thu, 16 January 2025 08:23
naudej  is tans af-lyn  naudej
Boodskappe: 2
Geregistreer: January 2025
Karma: 0
Junior Lid
'n Monster in die nag
my eie gedagtes
besig met 'n heksejag.

Moet ek wegvlug?
My rug draai
op die weerwolwe
wat in my nek kug?

Met hande wat vasgryp
klere verskeur-
dan vaspen teen 'n paal
en my siel met 'n fakkel steur.

Bly net 'n hopie as
as teken van geboorte;
'n teken dat ek ooit was.
Vorige onderwerp: Kinderjare
Volgende onderwerp: Verskreeude Aarde
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Jan 16 10:41:17 UTC 2025