Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » weerga
weerga [boodskap #147340] Wed, 15 January 2025 12:00
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21046
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
weerga
Afbreking: weer•ga
Samestelling: weer + ga(aan)


Selfstandige naamwoord: weerga
Meervoud:

Betekenis:
• Iets of iemand se gelyke. Eweknie wat naas/teenoor iets of iemand staan.

Gebruik:
• Die rieldans bly 'n kultuurskat sonder weerga.

Sinoniem:
• ewebeeld
• eweknie
• gelyke
• ooreenstemming
• portuur

Afgelei:
• weergaloos

Vertaling:
Engels: equal, match, peer
Nederlands: weerga

Nota:
• Oorspronklik 'n samestelling van "weder" (wat "teen" beteken) + "gade" (tans "eggenoot", maar het oorspronklik "gelyke" beteken).

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

Vorige onderwerp: matriekslaagsyfer
Volgende onderwerp: beleë
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wed Jan 15 15:33:53 UTC 2025