stolsel [boodskap #147336] |
Tue, 14 January 2025 13:01 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21036 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
stolsel
Afbreking: stol•sel
Samestelling: stol + -sel
Selfstandige naamwoord: stolsel
Meervoud: stolsels
Verkleinwoord: stolseltjie
Meervoud van verkleining: stolseltjies
Betekenis:
• Iets wat verdik en gestol het. 'n Gestolde massa.
Gebruik:
• 'n Stolsel in die are kan noodlottig wees.
Sinoniem:
• klont
• stremsel
Hiponiem:
• bloedstolsel
Vertaling:
Engels: coagulum, clot
Nederlands: stolsel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|