neerkyk [boodskap #147322] |
Mon, 13 January 2025 11:47 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21022 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
neerkyk
Afbreking: neer•kyk
Samestelling: neer + kyk
Werkwoord: kyk neer, neerkyk
Verlede tyd: het neergekyk
Betekenis:
• Om ondertoe na iets te kyk.
• (figuurlik) Om 'n lae dunk van iemand te hê; minderwaardig ag.
Gebruik:
• Sy kyk vanuit die lugballon op die aarde neer.
• Hy het snobisties op sy werkers neergekyk.
Sinoniem:
• afkyk
• geringskat
• minag
• neersien
• verag
• verkleineer
Antoniem:
• opkyk
Vertaling:
Engels: to look down
Nederlands: neerkijken
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|