Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » beskaam
beskaam [boodskap #147320] Mon, 13 January 2025 11:07
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21022
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
beskaam
Afbreking: be•skaam
Samestelling: be- + skaam


Werkwoord: beskaam
Verlede tyd: het beskaam

Betekenis:
• Om iemand skaam, verleë of verneder te laat voel.

Gebruik:
• Haar vrygewigheid beskaam my.

Spreekwoord:
• Die hoop beskaam nie. [Stel nie teleur nie. Daar is altyd hoop.]

Sinoniem:
• beledig
• krenk
• verkleineer
• verneder

Afgelei:
• beskaamd
• beskaming

Vertaling:
Engels: to put to shame, embarrass, abash
Nederlands: beschamen


Byvoeglike naamwoord: beskaam, beskaamd
Attributief: beskaamde

Betekenis:
• Wat iemand skaam, verleë of verneder laat voel.

Gebruik:
• Hy het met 'n beskaamde aangesig na sy land teruggegaan. [II Kronieke 32:21]

Vertaling:
Engels: embarrassed, disappointed
Nederlands: beskaamd

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kinderreg
Volgende onderwerp: verkleineer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Mon Jan 13 18:10:40 UTC 2025