ontdekkingsreis [boodskap #147318] |
Sun, 12 January 2025 19:54 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21017 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
ontdekkingsreis
Afbreking: ont•dek•kings•reis
Samestelling: ontdekking + -s- + reis
Selfstandige naamwoord: ontdekkingsreis
Meervoud: ontdekkingsreise
Betekenis:
• 'n Reis om onbekende gebiede (of figuurlik, dinge) te verken.
• (figuurlik) 'n Spreekwoordelike reis om nuwe dinge te verken.
Gebruik:
• Christophorus Columbus het Amerika tydens een van sy ontdekkingsreise ontdek.
• Die boek neem kinders op 'n ontdekkingsreis deur die Bybel.
Sinoniem:
• avontuur
• ekspedisie
• ontdekkingstog
• safari
• soektog
Afgelei:
• ontdekkingsreisiger
Vertaling:
Engels: voyage of discovery
Nederlands: ontdekkingsreis
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Sun, 12 January 2025 20:46] Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|