| kamstig [boodskap #147302] |
Do., 09 Januarie 2025 13:09 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24162 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kamstig
Afbreking: kam•stig
Byvoeglike naamwoord: kamstig
Attributief: kamstige
Betekenis:
• Nie werklik nie, maar vir die skyn (deur voor te gee).
Gebruik:
• Hy is kamstig siek en kan blykbaar nie skool toe gaan nie.
• Die kamstige bestaan van die Krugermiljoene is 'n wolhaarstorie.
Sinoniem:
• kamma
• kammakastig
• kammalielies
• konsuis
• oënskynlik
• skynbaar
• sogenaamd
Vertaling:
Engels: so-called, apparent, supposedly
Nederlands: schijnbaar
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|