meningsverskil [boodskap #147289] |
Tue, 07 January 2025 19:40 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20991 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
meningsverskil
Afbreking: me•nings•ver•skil
Samestelling: mening + -s- + verskil
Selfstandige naamwoord: meningsverskil
Meervoud: meningsverskille
Verkleinwoord: meningsverskilletjie
Meervoud van verkleining: meningsverskilletjies
Betekenis:
• 'n Verskil in opinie wat dikwels in 'n bakleiery ontaard.
Gebruik:
• By die aanhoor van die appèl het 'n meningsverskil tussen die twee regters daartoe gelei dat die aangeleentheid na 'n bank van drie regters verwys is.
Sinoniem:
• argument
• dispuut
• geskil
• misverstand
• onderonsie
• onenigheid
• opinieverskil
• strydpunt
• stryery
• tweedrag
• twis
• verdeeldheid
• verskilpunt
• woordewisseling
Vertaling:
Engels: difference of opinion, disagreement
Nederlands: meningsverschil
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|