| toe-eien [boodskap #147282] |
Di., 07 Januarie 2025 08:05 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24241 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
toe-eien
Afbreking: toe•ëi•en
Samestelling: toe + eien
Werkwoord: eien toe, toe-eien
Verlede tyd: het toege-eien
Betekenis:
• Om iets in besit te neem of jouself aan te matig.
Gebruik:
• Wat maak 'n mens as jou mede-landsburgers hulleself die reg toe-eien om jou se goed te steel?
Wisselvorm:
• toeëien
Sinoniem:
• aanmatig
• aanneem
• aanvaar
• annekseer
• approprieer
• beset
• inneem
• onteien
• oorneem
• verkry
Afgelei:
• toe-eienbaar
• toe-eiening
Vertaling:
Engels: to appropriate
Nederlands: toe-eigenen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|