taalnorm [boodskap #147277] |
Mon, 06 January 2025 13:18 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20988 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
taalnorm
Afbreking: taal•norm
Samestelling: taal + norm
Selfstandige naamwoord: taalnorm
Meervoud: taalnorme
Betekenis:
• 'n Algemeen aanvaarde riglyn oor hoe 'n taal gebruik (gepraat en geskryf) behoort te word.
Gebruik:
• Taalnorme gaan nie net oor wat reg of verkeerd is nie, maar ook oor wat aanvaarbaar en onaanvaarbaar is.
Vertaling:
Engels: language norm, language standard
Nederlands: taalnorm
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|