Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » trommel
trommel [boodskap #147263] Fri, 03 January 2025 16:50
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20966
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
trommel
Afbreking: trom•mel
Samestelling: trom + -el


Werkwoord: trommel
Verlede tyd: het getrommel

Betekenis:
• Om ritmies op iets (soos 'n drom) te slaan.

Gebruik:
• Sy trommel met haar vingers op die tafel.
• Hy het die trommel behoorlik getrommel.

Afgelei:
• inmekaartrommel
• optrommel

Vertaling:
Engels: to drum, beat
Nederlands: trommelen


Selfstandige naamwoord: trommel
Meervoud: trommels
Verkleinwoord: trommeltjie
Meervoud van verkleining: trommeltjies

Betekenis:
• 'n Drom (silindervorminge slaginstrument).
• 'n Houer met vaste vorm en 'n deksel, dikwels van blik, waarin iets gebêre of vervoer word.

Gebruik:
• Sy slaan die trommel.
• Wat is in die trommeltjie onder jou bed?

Sinoniem:
• blik
• boks
• doos
• drom
• houer
• kis
• koffer
• krat
• tas

Hiponiem:
• aktetrommel
• beltrommel
• bliktrommel
• broodtrommel
• geldtrommel
• kleretrommel
• koektrommel
• koffietrommel
• kompastrommel
• meeltrommel
• oortrommel

Afgelei:
• trommelaar
• trommeldik
• trommelholte
• trommelrem
• trommelsaag
• trommelsif
• trommelslag
• trommelslaner
• trommelstok
• trommelvel
• trommelvlies
• trommelvuur

Vertaling:
Engels: drum
Nederlands: trommel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Fri, 03 January 2025 17:35]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

Vorige onderwerp: loskrap
Volgende onderwerp: dikte
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sun Jan 05 19:46:56 UTC 2025