Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Kinderjare ('n Gedig oor kinderjare in die moderne wêreld.)
Kinderjare [boodskap #147241] Sun, 29 December 2024 16:22 na volgende boodskap
Nagtelike Swye  is tans af-lyn  Nagtelike Swye
Boodskappe: 1
Geregistreer: December 2024
Ligging: Japan
Karma: 0
Junior Lid
Kinderjare

Kinders hoort in die veldt
Waar hul speel met klippies
en klein steentjies vir geld.
Waar hul baljaar langs die strome
In die skadu's van bome
Met kleilat en water
En lighartige skater.

Kinders hoort in die tuin
In die grond met hande
so vuil en bruin.
Waar hul paadjies en dorpies
Met die pootjies van hondjies
Deur die grond van die bedding
Maak met ou-boet se ledding.

Kinders hoort op die plaas
Waar hul help met die werk
wat nog wag vir ou Klaas.
Waar die skape en koeie
En daaglikse moeite
Hul leer om te luister
En saggies te fluister.

Kinders hoort op die speelgrond
Waar hul vriende kan maak
en saam hul voete seer word.
Waar die gedagtes vry vloei
En elmboë en knieë bloei
Maar die monde oop lag
En is die stemme nie sag.

Hoe kan ons verwag
Dat kinders die wêreld moet lief
As hul elke lang dag
Alleen in hul kamers moet stief?
En hul enigste vriende net in ene en nulle
Op koue skerms verskyn vir hulle?

Nog is ouers verbaas
As hul kinders nie haas
Om na buite te gaan
En te speel in die laan,
Waar karre in spoed ry
En die hitte lank bly,
Waar net konkreit en teer
Al wee voete beseer

Nog is ouers ontsteld
As kinders eerder as boeklees
Alleen in hul kamers wil wees
En harde werk en geld
Nie waardeer word.

En nog soek ouers verskonings
Met speelgoed in wonings
Waar geen tyd en liefdes
Aan klein kind se dieptes
Spandeer word.

En so sal die dag kom
Wanneer kreukels en sproete
En ou hande se groete
En groen are
en silwer hare
wat val soos herfsblare
Voor 'n venster sit
En wag.

Vir neuse en ore
En blinkende oë
En stralende stemme
in net-te-klein hemde,
Vir voete wat nooit weer
Na die voordeur
Sal stap.

---

Ek het die gedig verlede week geskryf na afloop van ’n aanlyn gesprek oor hoe die moderne wêreld, en veral die aanlyn sosialemedia-wêreld, die lewens en ontwikkeling van kinders beïnvloed.
Re: Kinderjare [boodskap #147242 is 'n antwoord op boodskap #147241] Sun, 29 December 2024 23:36 Na vorige boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 527
Geregistreer: May 2018
Karma: 22
Senior Lid
Dankie vir die mooi gedig.
Knap gedaan!
Vorige onderwerp: "ek sal sterf en na my vader gaan" deur Breyten Breytenbach
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wed Jan 01 21:12:27 UTC 2025