magnaat [boodskap #147237] |
Thu, 19 December 2024 08:34 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21079 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
magnaat
Afbreking: mag•naat
Selfstandige naamwoord: magnaat
Meervoud: magnate
Betekenis:
• 'n Ryk persoon wat groot invloed op 'n bepaalde sektor van die ekonomie uitoefen.
Gebruik:
• Hermann Eckstein was 'n diamant- en goudmynpionier en magnaat.
Sinoniem:
• baron
• besigheidsman
• besigheidsvrou
• nyweraar
• ryke
• sakeman
Hiponiem:
• grondmagnaat
• goudmagnaat
• katoenmagnaat
• koerantmagnaat
• mediamagnaat
• mynmagnaat
• oliemagnaat
• persmagnaat
• sakemagnaat
• suikermagnaat
Vertaling:
Engels: magnate, tycoon, baron, mogul
Nederlands: magnaat
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|