ongestraf [boodskap #147232] |
Thu, 19 December 2024 07:26 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
ongestraf
Afbreking: on•ge•straf
Samestelling: on- + gestraf
Byvoeglike naamwoord: ongestraf
Attributief: ongestrafte
Betekenis:
• Wat nie gestraf is nie.
Gebruik:
• 'n Vals getuie bly nie ongestraf nie; wie leuens kwytraak, kom nie vry nie. [Spreuke 19:5]
Sinoniem:
• skotvry
• straffeloos
Antoniem:
• gestraf
Afgelei:
• ongestraftheid
Vertaling:
Engels: unpunished
Nederlands: ongestraft
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Thu, 19 December 2024 07:27] Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|