Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » eerbetoon
eerbetoon [boodskap #147212] Mon, 16 December 2024 12:17
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
eerbetoon
Afbreking: eer•be•toon
Samestelling: eer + betoon


Selfstandige naamwoord: eerbetoon
Meervoud: eerbetone

Betekenis:
• 'n Blyk van dankbaarheid of verering wat aan iemand getoon word.

Gebruik:
• 'n Gedenkdiens is gereël om 'n laaste eerbetoon aan die oorledene te bring.

Sinoniem:
• eerbetuiging
• eerbewys
• ereblyk
• huldeblyk
• huldebetoon
• huldiging
• lofuiting
• tribuut

Vertaling:
Engels: homage, tribute, praise
Nederlands: eerbetoon

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: afgestorwene
Volgende onderwerp: verering
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sat Dec 21 18:11:21 UTC 2024