gedenkmuur [boodskap #147210] |
Mon, 16 December 2024 11:21 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
gedenkmuur
Afbreking: ge•denk•muur
Samestelling: gedenk + muur
Selfstandige naamwoord: gedenkmuur
Meervoud: gedenkmure
Verkleinwoord: gedenkmuurtjie
Meervoud van verkleining: gedenkmuurtjies
Betekenis:
• 'n Muur ter nagedagtenis aan iets.
• Muur met nisse vir die stoflike oorskot van oorledenes.
Gebruik:
• By die kerkhof van die Irene-konsentrasiekamp in Centurion is 'n gedenkmuur ter herdenking aan die slagoffers van die Anglo-Boereoorlog.
• Magnus Malan se as word in die gedenkmuur by die Voortrekkermonument bewaar.
Sinoniem:
• herdenkingsmuur
Vertaling:
Engels: memorial wall, commemorative wall
Nederlands: gedenkmuur
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|