verwonder [boodskap #147192] |
Fri, 13 December 2024 15:21 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21079 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
verwonder
Afbreking: ver•won•der
Samestelling: ver- + wonder
Werkwoord: verwonder
Verlede tyd: het verwonder
Betekenis:
• Om met verwondering na iets te kyk; verbaas of verstom wees.
Gebruik:
• Sy verwonder haar aan al die Kersversierings.
Afgelei:
• verwonderd
• verwondering
Vertaling:
Engels: to be amazed, astonished, surprised
Nederlands: verwonderen
Byvoeglike naamwoord: verwonder, verwonderd
Attributief: verwonderde
Betekenis:
• Wat verbaas en verstom is.
Gebruik:
• Deur die verwonderde oë van 'n kind is selfs die mees alledaagse iets buitengewoons.
Sinoniem:
• dronkgeslaan
• oorbluf
• oorstelp
• oorweldig
• sprakeloos
• verbaas
• verbluf
• verbyster
• vergaap
• verras
• verstom
Afgelei:
• stomverwonder
Vertaling:
Engels: astonished, surprised
Nederlands: verwonderd
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|