ootmoedig [boodskap #147181] |
Wed, 11 December 2024 13:22 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21079 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
ootmoedig
Afbreking: oot•moe•dig
Samestelling: ootmoed + -ig
Byvoeglike naamwoord: ootmoedig
Vergrotende trap: ootmoediger
Oortreffende trap: ootmoedigste
Attributief: ootmoedige
Betekenis:
• Wat ootmoed (nederigheid) toon.
Gebruik:
• Ek sal in jou laat oorbly net dié wat nederig en ootmoedig is en vertrou op die Naam van die Here. [Sefanja 3:12]
Sinoniem:
• berouvol
• beskeie
• deemoedig
• gedwee
• eerbiedig
• gehoorsaam
• ingetoë
• nederig
• onderdanig
• onderworpe
Afgelei:
• ootmoediges
• ootmoedigheid
• verootmoedig
Vertaling:
Engels: humble, meek
Nederlands: ootmoedig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|