turbine [boodskap #147163] |
Tue, 10 December 2024 10:50 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21079 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
turbine
Afbreking: tur•bi•ne
Selfstandige naamwoord: turbine
Meervoud: turbines
Verkleinwoord: turbinetjie
Meervoud van verkleining: turbinetjies
Betekenis:
• 'n Roterende toestel wat die energie van 'n bewegende vloeistof (soos water) of gas (soos lug of stoom) in nuttige werk omskakel.
Gebruik:
• Die dam se turbines word gebruik om elektriese energie op te wek.
Sinoniem:
• skeprat
Hiponiem:
• gasturbine
• skroefturbine
• kompressorturbine
• stoomturbine
• waterturbine
• windturbine
Afgelei:
• turbinegenerator
• turbinemotor
• turbinerotor
• turbinewiel
Vertaling:
Engels: turbine
Nederlands: turbine
Nota:
• Van Latyn, turbinis, wat werwelstroom beteken.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|