krediteur [boodskap #147148] |
Sun, 08 December 2024 18:23 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
krediteur
Afbreking: kre•di•teur
Samestelling: krediteer + -eur
Selfstandige naamwoord: krediteur
Meervoud: krediteure, krediteurs
Betekenis:
• Iemand aan wie iets (meestal geld) verskuldig is. Persoon wat 'n produk of diens gelewer het en 'n betaling daarvoor moet ontvang.
Gebruik:
• Wanneer 'n besigheid se inkomste en bates onvoldoende is om sy krediteure te betaal, word dit insolvent verklaar.
Sinoniem:
• geldskieter
• skuldeiser
Antoniem:
• debiteur
• skundenaar
Afkorting:
• kr.
Vertaling:
Engels: creditor
Nederlands: crediteur
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|