wanadministrasie [boodskap #147143] |
Sun, 08 December 2024 07:51 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21079 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
wanadministrasie
Afbreking: wan•ad•mi•ni•stra•sie
Samestelling: wan- + administrasie
Selfstandige naamwoord: wanadministrasie
Meervoud: –
Betekenis:
• Swak en slegte administrasie.
Gebruik:
• Die ondersoek het bevind dat die staat verliese gely het weens die wanadministrasie en die onwettige, onbehoorlike of onvanpaste gedrag van amptenare.
Sinoniem:
• wanbeheer
• wanbestuur
Antoniem:
• administrasie
Vertaling:
Engels: maladministration, mismanagement
Nederlands: wanbeheer
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|