tollenaar [boodskap #147139] |
Sat, 07 December 2024 07:33 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
tollenaar
Afbreking: tol•le•naar
Samestelling: tol + -enaar
Selfstandige naamwoord: tollenaar
Meervoud: tollenaars, tollenare
Verkleinwoord: tollenaartjie
Meervoud van verkleining: tollenaartjies
Betekenis:
• Amptenaar wat belasting invorder, in besonder iemand wat tolgeld kollekteer.
Gebruik:
• Jesus het by hom in sy huis gaan eet, en baie tollenaars en sondaars het saam met Jesus en sy dissipels kom eet. [Matteus 9:10]
Sinoniem:
• belastinggaarder
• doeanebeampte
• tolbeampte
Antoniem:
• belastingbetaler
Vertaling:
Engels: tax collector, revenue agent, publican
Nederlands: tollenaar
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|