vernuwe [boodskap #147129] |
Thu, 05 December 2024 12:43 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21079 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
vernuwe
Afbreking: ver•nu•we
Werkwoord: vernuwe
Verlede tyd: het vernuwe
Betekenis:
• Om weer nuut te maak; by die tyd bring.
Gebruik:
• Soos die reën die aarde vernuwe, so bring geloof nuwe lewe in ons harte.
Wisselvorm:
• vernieu (verouderd)
Sinoniem:
• hernu
• herstel
• hervorm
• opdoen
• opgradeer
• opknap
• regruk
• renoveer
• verbeter
Afgelei:
• vernuwend
• vernuwer
• vernuwing
Vertaling:
Engels: to renew, renovate
Nederlands: vernieuwen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|