vreugdevol [boodskap #147105] |
Tue, 03 December 2024 06:49 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
vreugdevol
Afbreking: vreug•de•vol
Samestelling: vreugde + vol
Byvoeglike naamwoord: vreugdevol
Vergrotende trap: vreugdevoller
Oortreffende trap: vreugdevolste
Attributief: vreugdevolle
Partitief: vreugdevols
Betekenis:
• Wat vol geluk en vreugde is.
Gebruik:
• Die kinders hardloop rond, jaag mekaar en speel vreugdevol in die park.
Sinoniem:
• feestelik
• gelukkig
• genietlik
• genotvol
• opbeurend
• opgewek
• opwekkend
• verblydend
Antoniem:
• jammerlik
Vertaling:
Engels: happy, joyful, merry
Nederlands: vreugdevol
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|