Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » spekulasie
spekulasie [boodskap #147101] Mon, 02 December 2024 18:55
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
spekulasie
Afbreking: spe•ku•la•sie
Samestelling: spekuleer + -asie


Selfstandige naamwoord: spekulasie
Meervoud: spekulasies

Betekenis:
• Die handeling of resultaat van spekuleer (om oor iets te bespiegel).
• (ekonomie) Poging om geld te verdien deur te spekuleer.

Gebruik:
• Omdat die man so onverwags gesterf het, was daar spekulasie oor die oorsaak van sy dood.
• Sy spekulasie op die markte het hom niks in die sak gebring nie.

Sinoniem:
• beskouing
• bespiegelings
• gissing
• hipotese
• raaiskoot
• vermoede
• veronderstelling
• gedobbel
• risikotransaksie
• weddenskap
• windhandel

Afgelei:
• beursspekulasie
• effektespekulasie
• grondspekulasie
• spekulasiebouer

Vertaling:
Engels: speculation, conjecture; financial speculation
Nederlands: speculatie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: politiekery
Volgende onderwerp: oorsee
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sun Dec 22 04:10:48 UTC 2024