Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » deurspek
deurspek [boodskap #147096] Do, 28 November 2024 15:50
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20806
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
deurspek
Afbreking: deur•spek
Samestelling: deur + spek


Byvoeglike naamwoord: deurspek
Attributief: deurspekte

Betekenis:
• Wat oorvloedig vermeng is.

Gebruik:
• Sy opstel is deurspek van foute.

Sinoniem:
• deurtrek

Vertaling:
Engels: interlarded
Nederlands: doorspekt


Werkwoord: deurspek
Verlede tyd: het deurspek

Betekenis:
• Om spek in vleis te druk.
• (figuurlik) Om ryklik te vermeng.

Gebruik:
• Sy deurspek die skaapboud.
• Die duiwel deurspek die leuen met waarheid, sodat die leuen aanvaarbaar lyk.

Sinoniem:
• impregneer
• lardeer

Afgelei:
• deurspekking

Vertaling:
Engels: to lard, interlard
Nederlands: doorspekken

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Do, 28 November 2024 15:51]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

Vorige onderwerp: nagvoël
Volgende onderwerp: Afkortings
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Nov 28 17:56:47 MGT 2024