demagoog [boodskap #147085] |
Tue, 26 November 2024 12:20 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21079 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
demagoog
Afbreking: de•ma•goog
Selfstandige naamwoord: demagoog
Meervoud: demagoë
Betekenis:
• Iemand wat die gepeupel opstook deur hulle te mislei en op hul gevoelens te speel.
Gebruik:
• Die demagoog se woordestroom was onkeerbaar en die skade onberekenbaar.
Sinoniem:
• agitator
• moeilikheidmaker
• opruier
• opstoker
• opsweper
• volksmisleier
• volksopruier
Verwant:
• demagogie
• demagogies
Vertaling:
Engels: demagogue
Nederlands: demagoog
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|