Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » aanbidder
aanbidder [boodskap #147084] Tue, 26 November 2024 12:10
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21079
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
aanbidder
Afbreking: aan•bid•der
Samestelling: aanbid + -er


Selfstandige naamwoord: aanbidder
Meervoud: aanbidders

Betekenis:
• Iemand wat 'n godheid aanbid.
• (figuurlik) Iemand wat iemand anders bewonder.

Gebruik:
• Die aanbidders van Baäl was groot teenstanders van die Israeliete, en omgekeerd.
• Dit lyk of sy 'n geheime aanbidder het.

Sinoniem:
• aanhanger
• bewonderaar
• vereerder

Hiponiem:
• beeldaanbidder
• duiwelaanbidder
• natuuraanbidder
• slangaanbidder
• sterreaanbidder
• satanaanbidder
• sonaanbidder
• vuuraanbidder

Vertaling:
Engels: worshipper; admirer, adorer
Nederlands: aanbidder

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: tandem
Volgende onderwerp: demagoog
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wed Jan 22 07:49:18 UTC 2025