Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » slypsteen
slypsteen [boodskap #147076] Sun, 24 November 2024 18:05
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21149
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Mes word op 'n slypsteen skerp gemaak.
'n Mes word op 'n slypsteen skerp gemaak.
slypsteen
Afbreking: slyp•steen
Samestelling: slyp + steen


Selfstandige naamwoord: slypsteen
Meervoud: slypstene
Verkleinwoord: slypsteentjie
Meervoud van verkleining: slypsteentjies

Betekenis:
• 'n Plat of draaiende steen waarop messe, skêre, beitels en ander gereedskap skerp geslyp word.

Gebruik:
• Sonder 'n slypsteen bly 'n mes maar 'n stomp ding.

Vergelyking:
• So bang soos die duiwel vir 'n slypsteen. [Baie bang.]

Sinoniem:
• draaisteen

Vertaling:
Engels: grindstone, whetstone
Nederlands: slijpsteen

Nota:
• Volgens 'n oorlewering moet die duiwel as straf 'n slypsteen draai as hy 'n dronk man laat verongeluk.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kerkmuis
Volgende onderwerp: sikspens
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sun Feb 02 03:19:40 UTC 2025