Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » opsluit
opsluit [boodskap #147071] Sat, 23 November 2024 19:23
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21079
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
opsluit
Afbreking: op•sluit
Samestelling: op + sluit


Werkwoord: sluit op, opsluit
Verlede tyd: het opgesluit

Betekenis:
• Om iemand in 'n afgeslote ruimte toe te sluit.

Gebruik:
• Ek hoop die polisie sluit die skurk op.
• Maar Herodes het nog verder gegaan en Johannes in die tronk opgesluit. [Lukas 3:20]

Sinoniem:
• arresteer
• hokslaan
• inkerker
• inperk
• interneer
• toesluit
• wegsluit

Antoniem:
• vrylaat

Afgelei:
• opsluiting

Vertaling:
Engels: to lock up, confine, jail
Nederlands: opsluiten


Bywoord: opsluit

Betekenis:
• Met mening.

Gebruik:
• My boetie wou toe opsluit ook so 'n karretjie hê.

Sinoniem:
• volstrek

Vertaling:
Engels: absolutely, positively
Nederlands: volstrekt

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: ongebaan
Volgende onderwerp: kuikenmoord
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wed Jan 22 07:49:15 UTC 2025