invoegsel [boodskap #147057] |
Wed, 20 November 2024 18:48 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
invoegsel
Afbreking: in•voeg•sel
Samestelling: invoeg + -sel
Selfstandige naamwoord: invoegsel
Meervoud: invoegsels
Betekenis:
• (taalkunde) 'n Woorddeel sonder eie betekenis wat tussen twee dele van 'n samestelling geplaas word.
• Iets wat tussenin gevoeg/ ingelas is.
Gebruik:
• Die samestelling van "aanhaling" en "teken" met die invoegsel "-s-" vorm "aanhalingsteken".
• Ek sou die invoegsels vir die muurteëls blou maak.
Sinoniem:
• infiks
• tussenvoegsel
• insteeksel
• invoeging
• inweefsel
• toevoegsel
Hiponiem:
• houtinvoegsel
Vertaling:
Engels: interfix; insert, add-inn
Nederlands: invoegsel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|