Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » ovaal
ovaal [boodskap #147055] Wed, 20 November 2024 16:31
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Ovaal.
'n Ovaal.
ovaal
Afbreking: o•vaal


Byvoeglike naamwoord: ovaal
Vergrotende trap: ovaler
Oortreffende trap: ovaalste
Attributief: ovaal, ovale

Betekenis:
• Met die vorm van 'n uitgerekte sirkel. Langwerpig rond soos 'n eier.

Gebruik:
• In die goeie ou dae het ons R20 vir 'n groot, ovaal waatlemoen betaal.

Sinoniem:
• eierrond
• eiervormig
• ellipties

Vertaling:
Engels: oval
Nederlands: ovaal


Selfstandige naamwoord: ovaal
Meervoud: ovale

Betekenis:
• 'n Tweedimensionele, eiervormige figuur met een geboë sy en geen hoeke.

Gebruik:
• Teken twee ovale in jou werkboek.

Sinoniem:
• ellips
• ellipsoïed

Afgelei:
• ovaalsimbool
• ovaalfatsoen
• ovaalvormig

Vertaling:
Engels: oval
Nederlands: ovaal

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: hoekpunt
Volgende onderwerp: eiervormig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sun Dec 22 05:46:05 UTC 2024