Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kubus
kubus [boodskap #147053] Wo, 20 November 2024 15:11
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20770
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Kubus met die breedtelyn (a), dieptelyn (b), hoogtelyn (c) en diagonaal (d).
'n Kubus met die breedtelyn (a), dieptelyn (b), hoogtelyn (c) en diagonaal (d).
kubus
Afbreking: ku•bus


Selfstandige naamwoord: kubus
Meervoud: kubusse
Verkleinwoord: kubussie
Meervoud van verkleining: kubussies

Betekenis:
• 'n Vierkantige blok waarvan die lengte, breedte en hoogte dieselfde is. 'n Driedimensionele figuur met 6 gelyke vlakke, 8 hoekpunte en 12 rande.

Gebruik:
• 'n Kubieke meter (m³) stem ooreen met die inhoud van 'n kubus van 1 meter lank, breed en hoog.

Sinoniem:
• boks
• heksaëder
• sesvlak

Afgelei:
• inkubus
• kubies
• kubusvormig

Vertaling:
Engels: cube
Nederlands: kubus

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Wo, 20 November 2024 16:45]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

Vorige onderwerp: oeroud
Volgende onderwerp: hoekpunt
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Nov 21 10:19:58 MGT 2024