oeroud [boodskap #147052] |
Wed, 20 November 2024 14:43 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
oeroud
Afbreking: oer•oud
Samestelling: oer- + oud
Byvoeglike naamwoord: oeroud
Attributief: oeroue
Betekenis:
• Wat baie oud is; al baie lank bestaan.
Gebruik:
• 'n Reënboog is 'n oeroue belofte dat die Here nooit weer die aarde met water sal verwoes nie.
Sinoniem:
• antiek
• argaïes
• beenoud
• horingoud
• prehistories
• primitief
• stokhoringoud
• stokoud
Antoniem:
• splinternuut
Vertaling:
Engels: ancient, primeval
Nederlands: oeroud
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|