energiedrankie [boodskap #147033] |
Mon, 18 November 2024 18:02 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21079 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
energiedrankie
Afbreking: e•ner•gie•dran•kie
Samestelling: energie + drankie
Selfstandige naamwoord: energiedrankie
Meervoud: energiedrankies
Betekenis:
• 'n Soort drankie, dikwels met 'n stimulerende werking, wat blykbaar aan die gebruikers daarvan fisiese en geestelike energie sou gee.
Gebruik:
• Daar is twee soorte energiedrankies: sportdrankies met toegevoegde vitamiene en drankies met stimulerende bestanddele (soos kafeïen) wat 'n gesondheidsrisiko kan inhou.
Vertaling:
Engels: energy drink
Nederlands: energiedrankje
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|