solied [boodskap #147032] |
Sun, 17 November 2024 16:57 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
solied
Afbreking: so•lied
Byvoeglike naamwoord: solied
Vergrotende trap: solieder
Oortreffende trap: soliedste
Attributief: soliede
Partitief: solieds
Betekenis:
• Wat 'n harde, stewige, vaste massa het.
• (figuurlik) Betroubaar.
Gebruik:
• Dryfsand lyk solied, maar 'n mens sak maklik daarin weg.
• Hy is 'n soliede werker en 'n aanwins vir enige besigheid.
Sinoniem:
• duursaam
• hard
• onbreekbaar
• sterk
• stewig
• betroubaar
Antoniem:
• insolied
• onsolied
Afgelei:
• soliedheid
Vertaling:
Engels: solid, substantial; respectable
Nederlands: solied
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|