ongewild [boodskap #147006] |
Sat, 16 November 2024 07:29 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
ongewild
Afbreking: on•ge•wild
Samestelling: on- + gewild
Byvoeglike naamwoord: ongewild
Vergrotende trap: ongewilder
Oortreffende trap: ongewildste
Attributief: ongewilde
Partitief: ongewilds
Betekenis:
• Wat nie gewild of gelief is nie.
Gebruik:
• Sy dominerende persoonlikheid maak hom ongewild by sy maatjies.
Sinoniem:
• onbemin
• ongewens
• onpopulêr
• onwelkom
Antoniem:
• gewild
Afgelei:
• ongewildheid
Vertaling:
Engels: unpopular
Nederlands: ongewild
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|